+27 011 467 2609 info@southernmapping.com

Southern Mapping, ‘n Woolpert maatskappy gevestig in Suid Afrika, wat ‘n reeks vliegtuig gebaseerde Lidar en ortofoto opnames, satellietbeelde en geo-ruimtelike dienste aan ‘n verskeidenheid sektore verskaf, is trots om die byvoeging van ‘n nuwe gewas moniteringsdiens tot sy portfolio aan te kondig, wat in samewerking met SatAgro, spesifiek vir die plaaslike Landbou bedryf, ontwikkel is. SatAgro is die afgelope vier jaar reeds operasioneel en word gebruik deur baie boere regoor Europa.

Die SatAgro diens is baie maklik om te gebruik, toeganklik via ‘n web-gebaseerde platvorm op u PC, tablet of slimfoon en dit bied ‘n kombinasie van satelliet beelde en weerkundige data aan boere om die intydse ontwikkeling van hul gewasse visueel te volg, vanaf plant tot oes.

           Fig 1: Explorer verskaf ‘n oorsig van gewas groei soos waargeneem deur die satelliet

Verskeie geskiedkundige datastelle kan as tydreekse uitgebeeld word op grafieke. Meer as een weerkundige veranderlike kan terselfdertyd vertoon word bv. reënval, temperatuur, groei graad dae, ens. en ontleed word saam met die ontwikkeling van die plantegroei.

 Fig 2: Grafieke bied tydreeks ontleding van gewas geskiedenis teenoor verskillende weerkundige metings

Buiten monitering van die invloed wat klimaat en insette op die gesondheid van u plante het, verskaf SatAgro ook gewas bestuur vermoë wat die produsent in staat stel om gevorderde presisie boerdery aktiwiteite uit te voer, soos byvoorbeeld:

  • Invoer en uitvoer van verskillende geo-ruimtelike datastelle
  • Ontleding van geskiedkundige en huidige klimaatsfaktore
  • Vergelyking van huidige en geskiedkundige gewas ontwikkeling
  • Vergelyking van verskillende lande se prestasies
  • Evaluasie van bestuur strategiëe op gewas ontwikkeling
  • Skep van bestuursones volgens verskillende veranderlikes
  • Uitvoer van grond opnames en integrasie van grond ontledings resultate
  • Skep van veranderlike toedienings kaarte vir verskillende landbou insette soos saad, kalk en kunsmis
  • Omskakeling en uitvoer van VRA kaarte in verskaffer spesifieke formate
  • Skep van variasie kaarte om gerigte landery besoeke te vergemaklik
  • Aktivering van outomatiese alarms vir vroëe waarskuwing van skielike klimaatsveranderinge en beperking van skade aan gewasse

 

Fig 3: SatAgro laat die boer toe om sy eie veranderlike toedienings kaarte te skryf

Wat die SatAgro oplossing uniek maak, is dat dit gebruikers toelaat om ‘n groot verskeidenheid geo-ruimtelike en empiriese inligtings bronne insluitende hommeltuig beelde, lugfotos, Lidar data, DTM, DSM, kontoere, outomatiese weerstasie data, IoT data soos grondvog metings, grond opname kaarte, ens. in te voer. Verder laat dit uitvoer van data in ‘n wye reeks verskillende formate toe soos vereis deur vooraanstaande toerusting verskaffers en die konsoles wat hulle ondersteun.

Fig 4: Southern Mapping gebruik Lidar om plantegroei te penetreer en beide gewas en grond hoogtes te meet

Ter opsomming, dit maak nie saak waarmee u boer nie, SatAgro stel u in staat om die volle potensiaal van u landerye te definieer en te ontgin, u insette soos saad, kunsmis en plant beskermings produkte te optimiseer, en sodoende te verseker dat u onbevooroordeelde, volhoubare gewas produksie vir baie generasies verseker. SatAgro is ‘n kragtige gereedskapstuk in die hande van landbou besighede, gewas finansierders, versekeraars, köoperasies, inset verskaffers, landboukundiges, gewas konsultante en uiteindelik die boer as die mees belangrike skakel in die produksie van voedsel.

Fig 5: Lidar data, saam met lugfotos, verskaf waardevolle insig ten opsigte van gewas groei

Die SatAgro platvorm verskaf omvattende en maklik-verstaanbare Hulp inligting en Gebruikers Handleiding en is plaaslik beskikbaar in beide Afrikaans en Engels.
Southern Mapping wil u graag uitnooi om ons te kontak sodat ons u boerdery behoeftes kan bespreek.

Kontak: Nic Badenhorst
Landbou toepassings Spesialis
D: +27 044 150 0004 | M: +27 82 782 0533
nic@southernmapping.com

HIERDIE ARTIKEL IS BESKIKBAAR IN ENGELS HIER: SATAGRO ENGLISH

KYK DIE VOLLE DEMOSTRASIE HIER: SATAGRO DEMOSTRASIE VIDEO